Jou hulp word benodig

Die sukses van hierdie webtuiste hang af van hoeveel mense ons kan kry om hulle stories te vertel. Uit almal se stories kan ons dan leer waarvoor om op te let, hoe om op te tree en die modis operandi van die aanvallers openbaar. Ek glo vas dat die meerderheid aanvalle deur goed opgeleide terroriste uitgevoer word met natuurlik die hulp van die plaaslike  bevolking. Alleen staan ons geen kans, maar deur jou vyand te bestudeer kan jy dalk die aanval oorleef of selfs voorkom.

Hoe kan jy help?

  1. Vertel jou storie hier as jy self n aanval oorleef het, of selfs afgeweer het. Eerstehandse inligting is die beste. Daar is verksillende maniere om jou storie te vertel, maar as jy kans sien sal ‘n video of klankopname die beste werk.
  2. Aangesien baie oorlewendes van aanvalle bejaarde mense is wat nie rekenaar vaardig is nie gaan ek n vraelys opstel wat jy kan uitdruk. Neem die vraelys na persone in jou omgewing wat geraak is deur ‘n aanval om in te vul. Kyk op die¬†Vertel jou storie bladsy
  3. Meeste van ons is al uitgeroep na ‘n plaasaanval waar mense vermoor is. In so geval kan jy die storie vertel volgens die feite wat jy self gesien het op die toneel. Dit sal uiteraard nie so akkuraat wees nie, maar sekerlik is daar lesse te leer.
  4. Vertel vir ander mense van die webtuiste, of selfs beter, deel dit op sosiale media en whatsapp groepe. Daar is duisende stories daar buite en ons moet soveel mense moontlik kry om te deel. Elke bladsy het onderaan sosiale media deel opsies. Gebruik dit asb.
Deel op sosiale media: