Vertel jou storie

Hier is jou kans as oorlewende van n aanval, naasbestaande van iemand wat aangeval is of iemand wat n aanval afgeweer het om die storie te vertel. Jou moeite en opoffering kan lewens red of selfs aanvalle verhoed, so deel asb.

Daar is verskillende maniere om te werk te gaan as jy reg is om te begin. Video of klankopnames sal die beste werk, maar hier volg al die opsies:

  1. Jy kan die vorm direk hier onder aflaai en op Word 2016 invul. Ek glo dit sal op vorige Word programme ook werk (laat weet my asb as dit nie werk nie) Klik hier om die vorm in Word formaat af te laai en te voltooi
  2. Die wat minder rekenaarvaardig is kan die weergawe hier onder aflaai, dit druk (print), invul met pen en vir my terug stuur. Klik hier om vorm af te laai en te druk (print) en met hand invul
  3.  Videos of klankopnames van mense wat praat oor n aanval word eintlik verkies, maar ek sal graag wil het daar moet naastenby by die vraelys gehou word. Dit kan werk om vir die persoon en/of persone waarmee n onderhoud fevoer gaan word die vrae n dag of wat voor die tyd te gee. Sodoende weet almal waaroor dit gaan en wat verwag word. Indien die onderhoud om een of ander rede  nie voledig is nie kan skriftelik ook bygedra word en sal dit saam die video verskyn. Klik hier vir vraelys en raad vir video of klankopname onderhoud

 

Deel op sosiale media: